Pages

Welcome

On this blog you will find NEWS about
writing and illustrating Children's Books, the society and its members and activities as well as links to websites and blogs about Children's Books
Enjoy!


Illustrators required

Fantasi Boeke is dringend besig om ‘n splinternuwe Suid-Afrikaanse weergawe van ons gewilde Ek-kan-Lees! reeks te ontwikkel. Die reeks bestaan tans uit agt titels en sal uiteindelik uitgebrei word tot 20 titels. Ons is dringend op soek na ‘n ervare illustreerder om die komende reeks boeke te illustreer.

Die eerste vier titels wat reeds vroeg in 2009 gepubliseer word:
· Repelsteeltjie
· Klein Duimpie
· Die Drie Varkies
· Gouelokkies en die Drie Beertjies.

Formaat:
· 195 mm x 130
· 32 bladsye
· Volkleur

Spesifikasies vir Illustrasies:
· Volkleur
· Eenvoudiger, helder, oop tekeninge
· Geskik vir aanvangslesers
· Teks en Illustrasie moet mekaar baie spesifiek ondersteun om beginlesers te ondersteun
· Enige Medium
· Omslag en titelblad nie ingesluit nie

Indien u belangstel om in aanmerking te kom vir hierdie projek, stuur asseblief een voorbeeldillustrasie gebaseer op enige van bogenoemde stories in lae resolusie jpeg na hierdie adres (talita@fantasi.co.za) teen Maandag 17 November op die laatste.