Pages

Welcome

On this blog you will find NEWS about
writing and illustrating Children's Books, the society and its members and activities as well as links to websites and blogs about Children's Books
Enjoy!


Showing posts with label Short Stories. Show all posts
Showing posts with label Short Stories. Show all posts

Spoke, Rillers en ander Grillers



Liewe Lewendes & Bewendes

In die middernagure, onder ‘n bleekwit maan en draderige swart miswolke, is Fantasi Boeke is besig om ‘n bundel vol splinternuwe spookstories saam te stel. Die kerslig flikker-flikker en die verroeste enkelketting wat styf om die toegesluite uitgewer se enkel vas is, ratel staalswaar oor die verrotte houtplanke.

Kraak! Kraaaaaak! kerm die vloer as sy suutjies na die klein, swart venstertjie sluip en doodbang uitloer na die bedompige nag.

“Asseblief!” pleit sy in ‘n hees, hol stem, “asseblief, ek kort stories! Kort of lank, verskriklik of vreeslik snaaks, grillerig of spokerig, bloederig of beduiweld, raaisels of rympies ... enige woorde om my boek voor Julie vol te maak!
Die aaklige Kasteeleienaar gaan my nek omdraai as ek nie genoeg stories met my vangnet gryp nie ...”

“Stuur enige bydraes saam met ‘n vlermuis na hierdie adres voor einde Julie. Ek sal helder, goue muntstukke laat val vir enige woorde wat ek in my boek kan inpas. En ...” sy sluk swaar, “as julle enige kinders ken wat ook ‘n storie kan spin, stuur dit saam!
Enige wonderlike woorde wat my eienaar sal paai ... en my sal verlos van hierdie vreeslike straf!”